Kinder-, Tiener- en Jongvolwasseliteratuur

Inligting vir voorleggings

E-posadres waarnatoe voorleggings moet gaan: childrensbooks@penguinrandomhouse.co.za

LAPA Uitgewers (’n afdeling van Penguin Random House Suid-Afrika) aanvaar tans manuskripvoorleggings vir kinder- en tienerboeke, beide fiksie en niefiksie in Afrikaans en Engels.
Ons aanvaar nie tans voorleggings vir prenteboeke of jongvolwasseneliteratuur nie.

    • Slegs elektroniese voorleggings per e-pos word aanvaar, in Word of PDF-formaat. Voorleggings wat deur koerier of die pos of webwerwe soos WeTransfer of Google Drive gemaak word, sal nie aanvaar word nie.
    • Omdat LAPA baie manuskripte ontvang, kan dit tot ses maande neem om ’n keuring af te handel en oor publikasie te besluit.
    • Uitgewers is onder geen verpligting om kommentaar op ’n manuskrip te lewer of redes vir die afkeuring daarvan te verstrek nie.
    • Skrywers moet asseblief nie ’n manuskrip selfpubliseer of aan ’n ander uitgewery voorlê terwyl dit by LAPA onder oorweging is nie. Ons aanvaar ook nie voorleggings van boeke wat reeds self gepubliseer is nie.
    • Neem kennis dat skrywers enige gebruik van kunsmatige intelligensie in die skep van hulle manuskrip moet vermeld.
    • LAPA aanvaar geen aanspreeklikheid vir materiaal wat verlore gaan nie. Dit is dus raadsaam om nooit oorspronklike illustrasies of ander oorspronklike grafiese materiaal by ’n voorlegging in te sluit nie.
    • Skrywers hoef nie illustrasies te voorsien nie. Die uitgewery sal self ’n illustreerder aanwys en vergoed indien ’n manuskrip vir publikasie aanvaar word.
    • LAPA Uitgewers is ’n tradisionele uitgewer, wat beteken dat, indien ’n manuskrip aanvaar word vir publikasie, die skrywer nie verantwoordeik is vir enige publikasiekostes nie en tantieme sal verdien.
    • Voorleggings wat nie aan hierdie riglyne voldoen nie, sal nie oorweeg word nie.

Riglyne by ouderdomsgroepe:

Die indeling van ouderdomsgroepe is nie in beton gegiet nie, maar in die algemeen word daar tussen die onderstaande onderskei. Woordtalle is geskatte riglyne en moet nie as streng voorskrifte geneem word nie.

    • Bababoeke (0+): Voorleggings in hierdie kategorie word nie aanvaar nie.
    • Prenteboeke (3+ en 5+): Voorleggings word nie tans aanvaar nie.
    • Beginnerleesboeke (7+): Kort, eenvoudige stories wat gewoonlik met volop illustrasies aangevul word. Die fokus is dikwels op prettige, opwindende en humoristiese storielyne. Hierdie boeke is gemik op lesers wat pas self leer lees. Gewoonlik tussen 2 500 en 8 000 woorde. Voorbeelde: Leer my lees (Tippie), Keegan & Samier-reeks (André Trantraal en Verushka Louw), My ouma is ‘n rockster (Jaco Jacobs) en die Z is vir Zackie-reeks (Jaco Jacobs).
    • Boeke vir intermediêre lesers (9+): Humor, grilstories en avontuurverhale is onder meer gewild by hierdie ouderdomsgroep. Boeke het volkleur of wit-en-swart illustrasies. Gewoonlik tussen 8 000 en 12 000 woorde. Voorbeelde: Ouma Mollie-reeks (Fanie Viljoen), My eerste wilde eiland avontuur (Riaan Manser), Die ware avonture van Adelie and Riley-reeks (Felicia Snyman du Toit) en Frikkadel die spookhond (Fanie Viljoen).
    • Jeugboeke vir jonger tieners: (11+): Boeke vir hierdie ouderdomsgroep handel oor kwessies wat eie is aan die teikenmark se leefwêreld of tot tieners van hierdie ouderdom spreek. Hierdie stories bevat gewoonlik nie illustrasies nie en is meestal onder 30 000 woorde. Voorbeelde: Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit (Nerine Ahlers), Thomas@-reeks (Carina Diedericks-Hugo) en Dinge wat ek nie van skape geweet het nie / Taking selfies with a sheep (Jaco Jacobs).
    • Jeugboeke vir ouer tieners (13+ en 15+): Boeke in hierdie kategorie bevat ietwat meer volwasse temas wat relevant is tot die tiener- en hoërskool-ervaring. Hulle is gewoonlik tussen 30 000 – 50 000 woorde. Voorbeelde: The Witches of Hogsback (Sally Partridge), Ons laaste legendariese somer (Fanie Viljoen), A Thousand Eyes on You (Mia Ardene) and Vrydag is ek verlief (Cecilia Steyn).
    • Jongvolwassefiksie (17+): Voorleggings word nie tans aanvaar nie.
  •  
  •  

Nota: Illustreerders is welkom om ’n portefeulje met voorbeelde van hul werk elektronies aan te stuur. Belowende portefeuljes sal op lêer gehou en geraadpleeg word wanneer illustreerprojekte opduik, maar ons kan ongelukkig nie terugvoering oor illustrasievoorleggings verskaf nie. Moet asseblief nie oorspronklike kunswerke stuur nie – LAPA aanvaar geen aanspreeklikheid vir materiaal wat verlore raak nie.

Inligting vereis vir voorleggings

    • Naam
    • Van
    • E-posadres
    • Sel/telnommer
    • Die titel van die manuskrip
    • Ouderdomsgroep/teikenmark
    • Woordtelling
    • Opsomming of volledige sinopsis van die manuskrip
    • ’n Kort biografie van die skrywer met relevante publikasieagtergrond
    • Volledige manuskrip of ten minste die eerste drie hoofstukke

E-posadres waarnatoe voorleggings moet gaan: childrensbooks@penguinrandomhouse.co.za